‘n Soeke van Helde - Морган Райс 5 стр.


MacGil sien die kommer op sy tesourier se gelaat, en sy moed sak met die gedagte van die vermindering van die skate. Nietemin sal hy nie die belastings verhoog nie.

“Dit is beter om ‘n swak skatkamer te hê en lojale onderdane,” antwoord MacGil. “Ons rykdom kry ons deur die geluk van ons onderdane. Ons sal dit nie verhoog nie.”

“Maar my Heer, as ons nie---“

“Ek het klaar besluit. wat nog?”

Owen sak terug, bekaf.

“My koning,” sê Brom in sy diep stem. “Met u opdrag, het ons die meerderheid van ons magte in die hof geplaas vir vandag se gebeurtenis. Die vertoon van mag sal indrukwekkend wees. Maar ons is yl gesaai. As daar ‘n aanval elders in die koninkryk sou wees, sal ons kwesbaar wees.”

MacGil knik, en dink daaroor na.

“Ons vyande sal ons nie aanval terwyl ons hulle voed nie.”

Die mans lag.

“Enige nuus van die Hooglande af?”

“Daar is nog geen aktieviteit gerapporteer vir weke nie. Dit wil voorkom asof hulle die magte teruggetrek het in voorbereiding van die troue. Miskien is hulle gereed om vrede te maak.”

MacGil was nie so seker nie.

“Dit beteken dat die gereelde huwelik werk, of dat hulle ‘n aanval beplan vir ‘n ander geleentheid. En watter een dink jy is dit, ou man?” vra MacGil, terwyk hy na Aberthol draai.

Albertol maak sy keel skoon, sy stem soos ‘n rasper waneer hy praat: “My Heer, jou pa en sy pa voor hom het nog nooit die McClouds vertrou nie. Net omdat hulle slapend is, beteken nie dat hulle nie gaan wakker word nie.”

MacGil knik, hy waardeer die redenasie.

“En wat van die Legioen?” vra hy, terwyl hy na Kolk draai.

“Ons het vandag die nuwe rekrute verwelkom,” antwoord Kolk, met ‘n vinnige kopknik.

“Is my seun ook daar?” vra MacGil.

“Hy is trots tussen hulle, en dit is ‘n voortreflike seun.”

MacGil knik, draai dan na Bradaigh.

“En wat is die nuus van anderkant die aardtrog?”

“My Heer, ons partollies het weer pogings gesien om die aardtrog te oorkruis in die laaste weke. Daar mag tekens wees dat die Wilde besig is om te mobiliseer vir ‘n aanval.

‘n Gedempte gefluister versprei tussen die mans. MacGil voel hoe sy maag op ‘n knop trek met die gedagte. Die energie veld was ondeurdringbaar, nietemin, dit was nie ‘n goeie teken nie.

“En as daar ‘n volskaalse aanval sou wees?” vra hy.

“So lank as die skerm aktief is, het ons niks om te vrees nie. Die Wilde het nog nooit daarin geslaag om die aardtrog te oorkruis deur die eeue heen nie. Daar is geen rede om nou anders te dink nie.”

MacGil was nie so seker nie. ‘n Aanval van buite is al lank agterstallig, en hy kan help om te wonder waneer dit sou gebeur nie.

“My Heer,” sê Firth is sy nasale stem, “Ek voel verplig om by te voeg dat ons hof vandag gevul is met baie hooggeplaastes van die McCloud koninkryk. Dit sal gesien word as ‘n belediging indien jy hulle nie onthaal nie, of hulle nou teenstanders is of nie. Ek stel voor dat jy gedurende die middag ure elkeen van hulle groet. Hulle het ‘n groot gevolg saamgebring, baie geskenke---en, die woord is, baie spioene.”

“Wie sê nie die spioene is reeds hier nie?” vra MacGil terug, terwyl hy noukeurig Frith se reaksie dophou---terwyl hy soos altyd wonder, of hy nie dalk self een is nie.

Firth maak sy mond oop om te antwoord, maar MacGill sug en hou sy hand omhoog, hy het genoeg gehad. “As dit al is, gaan ek nou, om by my dogter se troue aan te sluit.”

“My Heer,” sê Kelvin, terwyl hy sy keel skoonmaak, “natuurlik, daar is nog een ding. Die tradisie, op jou dogter se troudag. Elke MacGil het ‘n opvolger benoem. Die mense sal verwag dat jy dieselfde doen. Hulle gons daaroor. Dit sal nie wys wees om hulle teleur te stel nie. Veral nie met die Bestemming Swaard wat nog steeds onbeweeglik is nie.”

“Wil jy hê dat ek my opvolger benoem terwyl ek nog in my fleur is?” vra MacGil.

“My Heer, ek bedoel geen aanstoot nie,” stamel Kelvin, tewyl hy bekommerd lyk.

MacGil hou sy hand omhoog. “Ek ken die tradisie. En Inderdaad, ek sal vandag een benoem.”

“Kan jy ons inlig wie dit sou wees?” vra Firth.

MacGil staar hom verergd aan. Firth was ‘n skindertong, en hy het die man nie vertrou nie.

“Julle sal die nuus hoor as die tyd aanbreek.”

MacGil staan op, en die ander saam met hom. Hulle buig, draai om, en haas uit die kamer uit.

MacGil staan en dink vir ‘n tydperk wat hy self nie eens weet hoe lank nie. Op dae soos vandag wens hy dat hy nie koning was nie.

*

MacGil klim van sy troon af, sy stewels eggo in die stilte, en loop deur die kamer. Hy maak self die antieke eike deur oop, pluk aan die staal handvatsel, en gaan by ‘n kant kamer in.

Hy geniet die stilte en vrede van hierdie knussige vertrek, soos altyd vantevore, die mure skaars twintig tree in elke rigting, maar nietemin met ‘n yslike hoë, geboogte plafon. Die vertrek is net uit klip gemaak, met ‘n klein ronde vlek-glas venstertjie op een muur. Die lig stroom in deur die glas se gele en rooi’s, in beligting van die enkele voorwerp in die andersins kaal vertrek.

Die Bestemming Swaard.

Daar is dit, in die middel van die vertrek, dit lê horisontaal op yster penne, soos ‘n verleidster. Soos hy van kleintyd af doen, loop MacGil nader aan dit, ondersoekend. Die Bestemming Swaard. Die swaard van legende, the oorsprong van die magte en kragte van sy hele koninkryk, van een generasie na die volgende. Wie ookal die krag het om die swaard op te lig sal die Verkose Een wees, die een wat bestem is om oor die koninkryk te heers vir lewenslank, om die koninkryk te bevry van alle bedreigings, binne en buite die Sirkel. Dit was ‘n fantastiese legende om mee op te groei, en so gou as wat hy as Koning aangestel was, het MacGil self probeer om die swaard te lig, aangesien net die MacGil konings mag probeer het. Die konings voor hom, almal van hulle, het ook gefaal. Hy was seker dat hy anders sou wees. Hy was seker dat hy Die Een sou wees.

Maar hy was verkeerd. Soos al die MacGil konings voor hom. En sy mislukking het ‘n klad gemaak op sy heerskappy van daardie tyd af.

Terwyl hy dit nou aanstaar, ondersoek hy die lang lem, wat gemaak is uit ‘n misterieuse metaal wat niemand nog ooit kon ontsyfer nie. Die oorsprong van die swaard was self meer obskuur, met gerugte dat dit opgestyg het uit die aarde ten midde van ‘n aardbewing.

Terwyl hy dit ondersoek, voel hy weereens die steek van mislukking. Hy mag dalk ‘n goeie koning wees, maar hy was nie Die Een nie. Sy mense het dit geweet. Sy vyande het dit geweet. Hy mag ‘n goeie koning wees, maar maak nie saak wat hy doen nie, hy sal nooit Die Een wees nie.

As dit hy was, vermoed hy sou daar minder onrus ten midde van sy hof gewees het, minder sameswerings. Sy eie mense sou meer vertroue in hom gehad het en sy vyande sou nooit eens ‘n aanval oorweeg het nie. ‘n Deel van hom wens dat die swaard net verdwyn, en die legende saam met dit. Maar hy weet dit sal nie. Dit was die vloek—en die mag---van ‘n legende. Sterker selfs, as ‘n hele weermag.

Terwyl hy dit aanstaar vir die duisendste keer, kon MacGil nie help om te wonder wie dit sou wees nie. Wie in sy bloedlyn sal bestem wees om dit te swaai? Terwyl hy dink aan wat voorlê, sy plig om sy opvolger te benoem, wonder hy wie, indien enige, bestem sal wees om dit uit te lig.

“Dit is die gewig van die lem wat swaar is,” kom ‘n stem.

McGil tol om, verras om geselskap te hê in die klein vertrekkie.

Daar, in die deuropening, staan Argon. MacGil het die stem herken voor hy hom gewaar het en was geïriteerd omdat hy nie vroeër opgedaag het nie, maar terselfdertyd bly dat hy nou hier was.

“Jy is laat.” sê MacGil.

“Jou sin van tyd is nie op betrekking van my nie,” antwoord Argon.

MacGil draai terug na die swaard.

“Het jy ooit gedink ek sou dit kon uitlig?” vra hy in nadenking. “Die dag toe ek Koning geword het?”

“Nee,” Antwoord Argon hom plat-weg.

MacGil draai om en staar hom aan.

“Jy het geweet ek sou nie kon nie.Jy het dit gesien, het jy nie?”

“Ja.”

MacGil dink daaroor na.

“Dit maak my bang wanneer jy my so direk antwoord. Dit is nie hoe jy is nie.”

Argon bly stil, en uiteindelik besef MacGil dat hy niks meer sou sê nie.

“Ek benoem my opvolger vandag,” sê MacGil. “Dit voel nutteloos, om ‘n opvolger te benoem vandag. Dit vat die vreugde weg van ‘n koning om sy kind se troue te geniet.”

“Miskien is sulke vreugde bedoel om gedemper te word.”

“Maar ek het dan soveel jare oor om te heers.” Kom dit pleitend van MacGil.

“Miskien nie soveel as wat jy dink nie,” Antwoord Argon.

MacGil se oë vernou en hy wonder. Was dit ‘n boodskap?

Maar Argon sê niks verder nie.

“Ses kinders. Wie moet ek kies?” vra MacGil.

“Hoekom vra jy my? Jy het alreeds jou keuse gemaak.”

MacGil kyk na hom. “Jy sien baie. Ja, ek het. Maar ek wil steeds weet wat jy dink.”

“Ek dink jy het ‘n wyse keuse gemaak,” sê Argon. “Maar onthou: ‘n koning kan nie heers vanuit sy graf nie. Maak nie saak wie jy dink jy het gekies nie, die noodlot het ‘n manier om self te kies.”

“Sal ek leef, Argon?” vra MacGil ernstig, hy vra die vraag wat hy wou vra sedert hy gisteraand wakker geword het van ‘n skrikwekkende nagmerrie.

“Ek het gisteraand van ‘n kraai gedroom,” voeg hy by. “Dit het gekom en my kroon gesteel. Toe het ‘n ander een gekom en my weggedra. Soos hy dit gedoen het, het ek my koninkryk uitgespei onder my gesien. Dit het swarter geword soos ons beweeg. Bar. ‘n Vervalle woestyn.”

Hy kyk op na Argon, sy oë watering.

“Was dit ‘n droom? Of iets meer?”

“Drome het altyd meer betekenis, nie waar nie?” vra Argon.

MacGil voel hoe hy getref word met ‘n sinkende gevoel.

“Waar is die gevaar? Vertel my net dit.”

Argon stap nader en staar in sy oë met diep intensiteit, soveel so dat MacGil voel asof hy in ‘n ander wêreld inkyk.

Argon leun vorentoe, fluisterend:

“Altyd nader as wat jy dink.”

HOOFSTUK VIER

Thor versteek homself in die hooi agter op ‘n wa terwyl dit pad af stoei op die landelike pad. Hy het sy weg gebaan na die pad gedurende die aand en ongeduldig gewag vir ‘n wa wat groot genoeg is sodat hy nie opgemerk word nie. Dit was toe reeds donker en die wa het stadig genoeg beweeg sodat hy kon spoed vang en agterop spring. Hy het binne-in die hooi beland en homself goed begrawe. Gelukkig het die bestuurder niks opgemerk nie. Thor was nie seker of die wa wel na die Koning’s Hof toe gaan nie, maar dit het in daardie rigting beweeg, en ‘n wa van dié grootte, en met dié merke, kon nie juis iewers anders oppad wees nie.

Terwyl Thor dwarsdeur die nag ry, bly hy wakker vir ure, hy dink na oor sy ontmoeting met die Sybold. En met Argon. Aan sy bestemming. Aan sy vorige tuiste, Sy moeder. Hy voel dat die heelal hom geantwoord het, hom vertel het dat hy ‘n ander bestemming het. Hy lê daar met sy hande gekruis agter sy kop, en staar op na die stêr belaaide naghemel, sigbaar deur die verflenterde seil. Hy kyk na die hemelruim, so helder, diie rooi sterre ver weg. Hy was opgewonde. Vir die eerste keer in sy lewe, was hy op ‘n reis. Hy weet nie waarheen nie, maar hy gaan. Een of ander manier gaan hy sy weg baan na die Koning’s Hof.

Wanneer Thor sy oë oopmaak, is dit oggend, die lig stroom deur, en hy besef hy het aan die slaap geraak. Hy sit vining orent, kyk om hom heen, baklei met himself omdat hy geslaap het. Hy moes meer versigtig wees---hy was gelukkig da thy nie ontdek was nie.

Die wa beweeg steeds, maar het nie meer so erg geskud nie. Dit kan net een ding beteken: ‘n beter pad. Hulle moet naby ‘n stad wees. Thor kyk af en sien hoe glad die pad was, geen rotse, slote, en bedek met fyn wit skulpies. Sy hart klop vinniger; hulle nader die Koning’s Hof.

Thor kyk agter by die wa uit en was oorweldig. Die onbesrispelike strate was belaai met aktiwiteit. Dosyne waens, van alle vorms and grotes en gelaai met allerhande goed, vul die strate. Een was belaai met pelse, n ander met matte, en ‘n ander met hoenders. Tussen hulle loop honderde verkopers, party lei beeste, ander dra mandjies bo-op hulle koppe. Vier mans dra ‘n bondel sy, terwyl dit gebalanseer is op pale. Daar was ‘n magdom mense, almal beweeg in dieselfde rigting.

Hy hoor ‘n harde geraas, die kruin van kettings, die kap van ‘n groot stuk hout, so sterk dat die aarde skud. Oomblike later kom ‘n ander geluid, van perdepote wat klik op hout. hy kyk af en besef hulle is besig om ‘n brug oor te steek; onder hulle is ‘n sloot. ‘n Valbrug.

Thor steek sy kop uit en sien die massiewe steen pilare, die gespeekte staal hek bokant hom. Hulle gaan deur die Koning se Hek.

Dit was die grootste hek wat hy nog ooit gesien het. Hy kyk na die speke, verwonderend dat indien hulle sou afkom, dit hom middeldeur sou sny. Hy merk vier van die Koning se Silwer op waar hulle die ingang bewaak, en sy hart klop vinniger.

Hulle gaan deur ‘n lang klip tonnel, en oomblikke later is die lug weer helder bo. Hulle was binne die Koning’s Hof.

Thor kon dit skaars glo. Daar was selfs meet aktiwiteit hier, indien moontlik---dit lyk soos duisende mense, almal malend in ‘n ander rigting. Daar was groot grasvelde, perfek gesny, met blomme wat oral bloei. Die pad word brëer, en aan die kante was stalletjies, verkopers en klip geboue. En tussen dit alles deur, die Koning se manne. Soldate, uitgerus in hulle wapenrustings. Thor is daar.

In sy opgewondenheid, gaan staan hy onwetend op; en terwyl hy opkom, op daardie oomblik stop die wa skielik, hy tuimel agteroor en val op sy rug in die strooi. Voor hy weer kon opkom, was daar ‘n geluid soos hout wat gesak word, en hy kyk op en sien ‘n kwaai ou man, bles, aangetrek in vodde en fronsend. Hy reik na binne, gryp Thor aan die enkels met sy benerige hande, en sleep hom uit.

Thor trek deur die lug, beland hard op sy rug in die grondpad, ‘n stofwolk om hom. Almal lag rondom hom.

“As jy weer op my wa ry, seun, kry jy boeie! Jy is gelukkig dat ek nie nou die Silwer ontbied nie!”

Die ou man draai om en spoeg, haas terug na sy wa en jag sy perde voort.

Skaam, kom Thor tot verhaal en staan op. Hy kyk om hom. Een of twee verbygangers giggel, maar Thor gluur hulle aan totdat hulle wegkyk. Hy vee die stof af en vryf sy arms; sy trots was gekrenk, maar nie sy lyf nie.

Hy herwin sy gees terwyl hy rond kyk, betower, en kom tot die besef dat hy dankbaar moet wees dat hy dit immers tot hier gemaak het. Noudat hy uit die wa was, kon hy vrylik rondkyk, en wat ‘n buitengewone gesig was dit nie: die hof strek so ver as wat die oog kon sien. In die middel was ‘n ongelooflike klip paleis, omring deur toringende, verskansde klip mure bekroon met bolwerke, en daar bo-op, oral patrolleer die Koning se weermag. Oral om hom was groen velde, perfek onderhou, klip plazas, fonteine, boom boorde. Dit was ‘n stad. En dit het oorstroom met mense.

Oral stroom alle soorte mense--- handelaars, soldate, hooggeplaastes---almal haastig. Dit neem Thor ‘n paar minute om tot die besef te kom dat daar iets spesiaal gaan gebeur. Terwyl hy aan drentel, sien hy voorbereidings---stoele wat reggesit word, ‘n altaar opgeslaan. Dit lyk asof hulle besig is om vir ‘n troue voor te berei. Sy hart mis ‘n slag waneer hy in die verte, n toernooi laan sien, met sy lang grond pad en halverings tou. Op ‘n ander veld sien hy soldate wat hulle spiese gooi na teikens ver weg; op ‘n ander sien hy boogskutters mik na strooi. Daar was ook musiek: harpe en fluite en simbale, menigte musikante want rond dwaal; en wyn, massiewe vate wat uitgerol word; en kos, die tafels besig om voor berei te word, feeste wat strek so ver as wat die oog kan sien, Dit was asof hy in die middel van ‘n groot viering aangekom het.

So betowerend as wat alles was, voel Thor ‘n dringendheid om die Legioen te vind. Hy was reeds laat, en hy moet himself nou gaan voorstel.

Hy haas hom na die eerste person wat hy sien, ‘n ouer man, soos dit voorkom aan sy bloed-bevlekte hemp, ‘n slagter mag wees, wat pad af haas. Almal hier was haastig.

“Verskoon my, meneer,” sê Thor, terwyl hy die man se arm gryp. Die man kyk neerhalend af na Thor se hand.

Назад Дальше