‘N SOEKE VAN HELDE
(BOEK #1 IN DIE TOWENAAR SE SIRKEL)
MORGAN RICE
Oor Morgan Rice
Morgan Rice is die #1 bestverkoper skrywer van Die Vampier Joernale, ‘n jong volwasse reeks uit elf boeke (en tellend); die #1 besverkoper reeks DIE OORLEWINGS TRILOGIE, ‘n na-apokaliptiese riller bestaande uit twee boeke (en tellend); en die #1 besverkoper epiese fantasie reeks DIE TOWENAAR SE SIRKEL bestaande uit dertien boeke (en tellend).
Morgan se boeke is beskikbaar in klank en druk weergawe, en vertalings van die boeke is beskikbaar in Duits, Frans, Italiaans, Spaans, Portugees, Japanees, Chinees, Sweeds, Nederlands, Turks, Hongaars, Czech en Slovaans. (met nog tale komend).
Morgan hou daarvan om van julle to hoor, so besoek gerus www.morganricebooks.com om aan te sluit by die epos lys om ‘n gratis boek te ontvang, ontvang gratis weggepryse, laai die gratis applikasie af, ontvang die nuutste eksklusiewe nuus, Koppel op Facebook en Twitter, en bly in verbinding!
Uitverkore Lof vir Morgan Rice
“n Begeesterde fantasie wat elemente skets van mistiek en intrigue in die storie lyn. N SOEKE VAN HELDE is oor waagmoed en die forming van ‘n lewensdoel wat lei tot groei, volwassenheid en uitnemendheid…. Vir diegene wat lywige fantasie avonture soek, die hooffigure, die toestelle, en aksie voorsien n lewenskragtige stel ontmoetings wat fokus op Thor se evolusie van ‘n dromerige jong kind, tot ‘n jong volwassene wat die onmoontlike aandurf in die stryd om oorlewing…Dit is net die begin van ‘n belowende epiese jong volwasse reeks.
Midwest Boek Resensie (D. Donovan, eBoek Beoordelaar)
“Die Towenaar se Sirkel” het al die bestandele vir ‘n kits sukses: sameswerings, teen-sameswerings, raaisels,dapper ridders, en ontluikende verhoudings met gebroke harte, misleiding and verraad. Dit sal sorg vir ure se vermaak, en geskik vir alle ouderdomme. Aanbeveel vir die permanente biblioteek van alle fantasie lesers.”
--Boeke en Fliek Resensies, Roberto Mattos
“Rice se vermaaklike epiese fantasie (DIE TOWENAAR SE RING) sluit klassieke eienskappe van die genre in – n sterk omgewing, hoogs geinspireerd by antieke Skotland en sy geskiendenis, sowel as n goeie sin van hof intrige.”
---Kirkus Resensies“ Ek hou van die manier waarop Morgan Rice Thor se karakter sowel as die wêreld waarin hy leef geskep het. die landskap sowel as die creature wat dit bewandel het is baie goed uitgebeeld…. ek het veral (die plot) geniet. Dit was kort en kragtig… Daar is net die regte hoeveelheid klein karakters sodat jy nie deurmekaar raak nie. Daar was avonture en hartverskeurende oomblike, sonder dat die uitgebeelde aksie te buitensporig was nie. Die boek is die perfekte leesstof vir tieners….Dit is die begin van iets merkwaardigs….”
---San Francisco Boek Resensie
“IN die aksie belaaide eerste boek in die epiese fantasie Towenaar se Ring (wat huidiglik uit 14 boeke bestaan), stel Rice die lesers voor aan die 14-jarige Thorgrin ‘Thor”McLeod, wie se droom dit is om aan te sluit by die Silwer Legioen, die uitverkore ridders wat die koning dien…. Rice se skrywe is solied en die uitgangspunt vol intrige.”
---- Publikasies Weekliks
“(‘N SOEKE VAN HELDE) is vinnige, maklike leesstof. Die einde van die hoofstukke maak seker dat jy wil lees wat volgende gebeur en dit nie wil neersit nie. Selfs die tikfoute en deurmekaar name trek nie jou aandag af van die algehele storielyn nie. Die einde van die boek het gemaak dat ek dadelik die volgende boek wou hê en dit is wat ek gedoen het. Al nege boeke in die reeks van die Towenaar se Sirkel is tans te koop op die Kindle winkel met die Soeke van Helde huidiglik gratis om jou te help om te begin! As jy vinnige, prettige leesstof soek tydens ‘n vakansie sal die boek perfek wees.”
--FantasyOnline.net
Boeke deur Morgan Rice
DIE TOWENAAR SE SIRKEL
‘N SOEKE VAN HELDE (Boek #1)
‘N MARSEERING VAN KONINGS (Boek #2)
DIE LOT VAN DRAKE (Boek #3)
DIE ROEP VAN EER (Boek #4)
‘N GELOFTE VAN GLORIE (Boek #5)
DIE PRYS VAN DAPPERHEID (Boek #6)
‘N SEREMONIE VAN SWAARDE (Boek #7)
‘N SKENKING VAN WAPENS (Boek #8)
‘N HEMEL VAN BETOWERING (Boek #9)
‘N OSEAAN VAN BESKERMING (Boek #10)
‘N MAG VAN STAAL (Boek #11)
‘N LAND VAN VLAMME (Boek #12)
‘N BEWIND VAN KONINGINSKAP (Boek #13)
‘N EED VAN BROEDERS (Boek #14)
DIE OORLEWINGS TRILOGIE
ARENA EEN: SLAVERSUNNERS (Boek #1)
ARENA TWEE (Boek #2)
DIE VAMPIER JOERNALE
KEERPUNT (Boek #1)
BEMINDE (Boek #2)
VERRAAD (Boek #3)
BESTEMMING (Boek #4)
BEGEERTES (Boek # 5)
VERLOWING (Boek #6)
GELOFTE (Boek #7)
VONDS (Boek #8)
OPSTANDING (Boek #9)
HUNKERING (Boek #10)
NOODLOT (Boek #11)
Luister na DIE TOWENAAR SE SIRKEL reeks in klank boek format!
Kopieregte 2012 deur Morgan Rice
Alle regte voorbehou. Behalwe soos toegelaat onder die U.S. Kopiereg Wet van 1976, geen deel van hierdie publikasie mag weergegee, versprei of oorgedra word in enige vorm of metode, of gestoor word in ‘n databasis of herwinning stelsel, sonder die toestemming van die skrywer nie.
Hierdie eboek is gelisensieër slegs vir persoonlike genot. Hierdie eboek mag nie herverkoop of weggegee word aan ander persone nie. Indien u die boek wll deel met ander persone, koop asseblief ‘n addisionele kopie vir elke ontvanger. Indien u hierdie boek lees sonder om te gekoop het, of dit was nie gekoop vir u gebruik alleenlik nie, handig dit asseblief terug en koop n kopie. Dankie dat u die harde werk van die skrywer respekteer.
Die verhaal is fiktief. Alle name, karakters, besighede, organisasies, plekke, gebeure, en insidente is of die produk van die skrywer se verbeelding of is fiktief gebruik. Enige ooreenkoms met spesifieke persone, lewend of dood is geheel en al toevallig.
Boek omslag Kopiereg RazoomGame, gebruik onder lisensieëring van Shutterstock.com.
INHOUD
HOOFSTUK EEN
HOOFSTUK TWEE
HOOFSTUK DRIE
HOOFSTUK VIER
HOOFSTUK VYF
HOOFSTUK SES
HOOFSTUK SEWE
HOOFSTUK AGT
HOOFSTUK NEGE
HOOFSTUK TIEN
HOOFSTUK ELF
HOOFSTUK TWAALF
HOOFSTUK DERTIEN
HOOFSTUK VEERTIEN
HOOFSTUK VYFTIEN
HOOFSTUK SESTIEN
HOOFSTUK SEVENTIEN
HOOFSTUK AGTIEN
HOOFSTUK NEGENTIEN
HOOFSTUK TWINTIG
HOOFSTUK-EEN-EN-TWINTIG
HOOFSTUK-TWEE-EN-TWINTIG
HOOFSTUK-DRIE-EN-TWINTIG
HOOFSTUK-VIER-EN-TWINTIG
HOOFSTUK-VYF-EN-TWINTIG
HOOFSTUK-SES-EN-TWINTIG
HOOFSTUK-SEWE-EN-TWINTIG
HOOFSTUK-AGT-EN-TWINTIG
“Ongemaklik is die hoof wat die kroon dra.”
---William Shakespeare
Henry IV, Part II
HOOFSTUK EEN
Die seun staan op die hoogste heuwel van die lae gebied van die Westelike Koningkryk van die Sirkel, met sy blik op die noorde, kyk hy na die sonsopkoms. So ver as wat sy sig strek is rollende groen heuwels, golwende eb en dalinge soos n kameel homp in n reeks van berge en dale. Die helder oranje strale van die vars oggend son luier in die oggend mis, verhelderend en met n magiese betowering wat die seun se gemoed weerspieël. Hy is selde wakker of dwaal ver van sy huis die tyd van die oggend – ook nooit so hoog nie- hy weet hy sal sy vader se wrag ontwaan. Maar vandag, gee hy nie om nie. Vandag, verontagsaam hy die miljoen reëls and regulasies wat hom onderdruk het gedurende sy veertien jaar. Hierdie dag is anders. Dit is die dag dat sy bestemming aangebreek het.
Die seun, Thorgrin van die Westelike Koningkryk van die Suidelike Provinsie van die McLeod group – alombekend as Thor – die jongste van vier seuns, waarvoor sy vader die minste liefde toon, het die hele nag wakker gebly in afwagting vir hierdie dag. Hy het die hele aand gespook en gespartel, leep-oog vanoggend, die son aangepor om op te kom. Want ’n dag soos vandag breek net een keer aan in menige jare, as hy dit mis sal hy in die klein gemeenskap vasgevang wees om vir altyd sy pa se skaapwagter te wees. Dit was ’n gedagte wat hy nie kon verduur nie.
Diensplig Dag. Dit is die dag wanneer die Koning se soldate deur die provinsies skif vir vrywilligers vir die Koning se Legioen. So lank as wat hy lêwe, droom Thor oor niks anders as dit nie. Vir hom wentel die lêwe net oor een ding: om aan te sluit by Silwer, die koning se uitverkore mag van bekroonde soldate, uitgevat in die beste pantser en uitgekieste wapens nêrens ander bekombaar in die twee koningkrykte nie. Niemand kan die Silwer betree sonder om eers by die koning se Legioen aan te sluit nie, die groep adelikes met wissellende ouderdomme vanaf veertien tot negentien jaar. As jy nie die seun van ‘n adelike of ‘n befaamde vegter was nie, is daar geen ander manier om by die Legioen aan te sluit nie.
Diensplig dag was die een uitsondering, die rare geleentheid elke paar jaar wanneer die legioen die land besoek in die werwing van nuwe soldate. Almal is bewus daarvan dat gewone volk selde verkose word en dat selfs nog minder die Legioen behaal.
Thor bespied die horison intens, op soek na enige teken van beweging. Hy weet die Silwer sal hierdie pad langs kom, die enigste pad na sy klein dorpie en hy wil hulle eerste bespied. Sy skaap kudde protesteer om hom, wel op in hinderlike kreune en por hom aan om hulle berg af te vat, daar waar weiding sappiger is. Hy probeer die lawaai en die reuk ignoreer. Hy moet nou konsentreer.
Wat dit alles draaglik gemaak het, al die jare van skape oppas, om sy pa se slaaf te wees, sy ouer broers se slaaf te wees, die een wat die hardste gewerk het en die minste waardeer was, was die gedagte dat hy een dag die plek sal verlaat. Eendag, waneer die silwer kom, sal hy almal verras wat hom te min geag het en een van die uitverkorenes wees. In een vinnige beweging, gaan hy van die wa afspring en dié bestaan vaarwel toe roep.
Thor se pa het hom natuurlik nooit ernstig oorweeg as ’n kandidaat vir die Legioen nie---in teendeel, hy het hom nog nooit oorweeg as kandidaat vir enigiets nie. In plaas daarvan het Thor se drie ouer broers hulle pa se onverdeelde liefde en aandag geniet. Die oudste was negentien en die ander veskil ’n jaar elk, wat Thor drie jaar jonger maak. Dit mag wees omdat die ouderdoms verskille klein was, of dat hulle mekaar se ewebeeld was en hemelsbreed van Thor verskil, dat hulle n groep gevorm het en skaars van Thor se bestaan bewus was.
Selfs erger, was dat hulle, langer, breër en sterker as hy was en Thor, wie geweet het hy is nié kort nie, het nietemin klein langs hulle gevoel, het gevoel sy gepierde bene is tingerig in vergelyking met hulle boom stompe. Sy pa het geen poging aangewend om enigiets daaromtrent te herstel nie – in teendeel dit het gelyk asof hy genot daaruit put – en Thor gelos om die skape te versorg en wapens skerp te maak, terwyl sy broers toegelaat is om te oefen. Dit was nie ‘n gesproke woord nie, maar altyd verstaan dat Thor sy lewe op die agtergrond sal deurbring en geforseer sal wees om toe te kyk, hoe sy broers presteer en groot hoogtes bereik. Sy lot, as sy pa en broers hulle sin kon kry, sou wees om hier te bly, verswelg deur die dorpie, en vir sy familie die ondersteuning te gee wat hulle eis.
Erger steeds was dat Thor aangevoel het dat sy broers skynbaar bedreig gevoel het deur hom,en hom miskien selfs gehaat het. Thor kon dit sien in hulle elke blik en blyke. Hy het nie verstaan hoe nie, maar hy het iets soos vrees, of jaloesie, in hulle verwek. Dalk was dit omdat hy anders as hulle was, het nie hulle voorkoms gehad of hulle manier van praat en optrede gehad nie. Hy het nie eens soos hulle geklee nie, sy pa het die beste---die pers en skarlaken mantels, die vergulde wapens---gereserveer vir sy broers, terwyl Thor gelaat is om die grofste vodde te dra.
Nietemin, het Thor die beste gemaak van wat tot sy beskikking was, ‘n manier gevind om sy klere te laat pas, die hemp met ‘n gordel om sy middel vasgemaak, en noudat dit somer was, die moue afgesny sodat sy gespierde arms gestreel word deur die briese. Sy hemp het gepas by sy growwe linne broek---sy enigste---en stewels van die swakste kwaliteit leer, opgeryg om sy enkels. Dit was nie die kwaliteit van sy broers se skoene nie, maar sy skoene kon die werk doen. Sy uniform was die tipiese uniform van ‘n veewagter.
Maar hy het nié die tipiese houding gehad nie. Thor was lank en lenig, met ‘n trotse kakebeen, adel ken, hoë wangbene, groen oë en lyk soos n misplaasde krysman. Sy reguit, bruin hare lê golwend op sy kop, net verby sy ore, en agter die krulle, glinster sy oë soos sterre in die maanlig.
Thor se broers sal toegelaat word om laat te slaap vanoggend, ‘n hartlike ontbyt geniet, en oppad wees na die Verkiesing met die beste wapens en sy pa se seën – terwyl hy nie eens toegelaat sal wees om dit by te woon nie. Hy het een keer vantevore probeer om die kwessie by sy pa te opper. Dit het nie goed afgeloop nie. Sy pa het summier die gesprek beindig, en hy het nie weer probeer nie. Dit was net nié regverdig nie.
Thor was vasbeslote om die lot wat sy pa vir hom beplan het, te verwerp. Met die eerste teken van die koningklike gevolg, sal hy terug naêl huis toe, sy pa konfronteer, en of hulle nou daarvan hou of nie, himself voorstel aan die Koning se manne. Hy sal saam met die ander staan vir verkiesing. Sy pa kan hom nié keer nie. Hy voel sy maag saamtrek met die blote gedagte daaraan.
Die eerste son het gestyg, en met die opkoms van die tweede liggroen son, wat ‘n laag van lig voeg by die pers hemelruim, sien Thor hulle raak.
Hy staan reguit, hare penorent, geëlektrifiseer. Daar op die horison, is die vaê buitelyn van n perde getrekte koets, met stof wolke wat opstyf van die wiele af. Sy hart klop vinniger as hy nog een gewaar; en nog een. Selfs van hier af skitter die goue koetse in die son, soos glimmende visse wat in en uit die water baljaar.
Teen die tyd dat hy twaalf van hulle getel het, kon hy nie langer wag nie. Met ‘n kloppende hart in sy borskas en vir die eerste keer in sy lewe vergeet hy van sy kudde, Thor draai om en strompel teen die heuwel af, vasbeslote dat niks hom sal keer totdat hulle van hom bewus is nie.
Thor stop skaars vir asem terwyl hy by die heuwel af naêl, deur die bome, onbewus van krappende take. Hy bereik ‘n opening en sien sy dorpie onder uitgestrek, ‘n lomerige landelike dorpie besaai met wit enkellaag, klei huise met gras dakke. Waar etlike dosyne families woonagtig is. Rook styg vanuit etlike skoorstene, aangesien meeste al vroeg wakker is om oggend ete voor te berei. Dit was ‘n idilliese plek, net ver genoeg---‘n dag se reis---van die Koning se Hof om verbygangers af te sit. Net nog ‘n plaas dorpie op die rand van die Sirkel, nog‘n rat in die wiel van die Westelike Koningkryk.
Thor bars deur die finale afstand, tot in die dorps vierkant, stofwolke so ver as wat hy gaan. Hoenders en honde spartel links en regs, en ‘n ou vrou, wat hurkend buite haar huis voor n kookpot borrelende water sit, sis vir hom.
“Stadig, seun!” skree sy as hy verby naêl, terwyl hy stofwolke in haar vuur skop.
Thor sou nie sy spoed vertraag nie --- nié vir haar nie, nié vir enigiemand nie. Hy draai af in een dwarsstraat, dan nog een, heen en weer oor die pad wat hy so goed ken, tot hy die huis bereik.
Dit was ‘n klein, onopvallende woning soos al die ander met sy wit klei mure en hoekige gras dak. Soos meeste van hulle, is die enkelkamer verdeel, sy pa wat op die een kant slaap en sy drie broers op die ander kant; anders as meeste van die ander, is daar ‘n klein hoenderhok agter, en dit was hier waarheen Thor verban is om te slaap. Hy het eers by sy broers geslaap, maar met tyd het hulle groter geraak, en wreder and meer eksklusief, en n punt daarvan gemaak om nie vir hom spasie te los nie. Thor was seergemaak, maar nou waardeer hy sy eie spasie, en verkies om uit hulle teenwoordigheid te wees. Dit was vir hom ‘n bevestiging dat hy die banneling in sy familie is wat hy reeds geweet het hy was.