‘n Soeke van Helde - Морган Райс 2 стр.


Thor hardloop tot by sy voordeur en bars deur sonder om te stop.

“Vader!” skreeu hy, hygend na asem. “Die Silwer! Hulle is oppad!”

Sy pa en drie broers sit vooroorgeboë by die ontbyt tafel, reeds geklee in hulle beste. Met sy woorde spring hulle op en pyl by hom verby, stampend teen sy skouers, uit die huis en in die straat in.

Thor het hulle gevolg, en saam hou hulle die horison dop.

“Ek sien niemand, “ antwoord Drake, die oudste, in sy diep stem. Met die breedste skouers, hare kort geknip soos sy broers, bruin oe, en dun, afkeurende lippe, frons hy soos gewoontlik, vir Thor.

“Ek ook nie,” herhaal Dross, net n jaar jonger as Drake, en altyd aan sy kant.

“Hulle is oppad!” se Thor weer. “Ek sweer!”

“En hoe sal jy weet?” eis hy.

“Ek het hulle gesien.”

“Hoe? Van waar af?”

Thor huiwer; sy pa het hom uitgevang. Hy weet natuurlik die enigste plek vanwaar Thor hulle kon bespied is vanaf die hoogste punt van daardie heuwel. Thor is nou onseker hoe om te antwoord.

“Ek…het die heuwel geklim---“

“Met die kudde? Jy weet hulle mag nie so ver gaan nie.”

“Maar vandag was anders. Ek moes sien.”

Sy pa gluur hom aan.

“Gaan onmiddelik in en gaan haal jou broers se swaarde en poets hulle skede, sodat hulle op hulle beste kan lyk voor die Koning se manne arriveer.”

Sy pa, klaar met hom, draai terug na sy broers, waar hulle in die straat staan en uitkyk.

“Dink pa hulle sal ons kies?” vra Durs, die jongste van die drie, maar drie jaar ouer as Thor.

“Hulle sal dwaas wees indien nie,” antwoord sy pa. “Hulle het n tekort aan manne die jaar. Dit was ‘n skraal oes – anders het hulle nié die moeite gedoen om te kom nie. Staan net parraat, die drie van julle, kenne omhoog en borskaste uit. Moet hulle nie reguit in die oog kyk nie, maar moet ook nie heeltemal wegkyk nie. Wees sterk en vol vertroue. Moenie swakheid toon nie. As julle in die Koning se Legioen wil wees, moet julle optree asof julle alreeds daarin is.” “Reg, Pa,” antwoord sy drie seuns tergelyk, en kom in posisie.

Hy draai om en gluur Thor aan.

“Wat doen jy nog hier?” vra hy. “Gaan in!”

Thor bly staan, verskeurd. Hy wil nie sy pa verontagsaam nie, maar hy moet met hom praat.

Sy hart hamer terwyl hy besluiteloos bly. Hy besluit dit sal die beste wees om te gehoorsaam, om die swaarde te bring, en dan sy pa te konfronteer. Om hom blatant te ignoreer sal nie help nie.

Thor haas die huis binne, deur na die agterkant en na die wapensstoor. Hy vind sy broers se drie swaarde, al drie pragstukke, bekroon met die beste silwer hefte, waardevolle geskenke waarvoor sy pa vir jare baie hard gewerk het. Hy gryp al drie, soos altyd verras deur die gewig, en hardloop terug deur die huis met hulle.

Hy nael tot by sy broers, gee vir elkeen ʼn swaard en draai na sy pa.

“Wat, geen politoer?” vra Drake.

Sy pa draai na hom afkeurend, maar voor hy iets kon se, praat Thor.

“Pa, asseblief. Ek moet met pa praat!”

“Ek het vir jou gesê politoer----“

“Asseblief, Pa!”

Sy pa gluur terug, in vertwyfeling, hy moes die erns op Thor se gesig gesien het, want uiteindelik se hy,”Ja?”

“Ek wil oorweeg word. Saam met die ander. Vir die Legioen.”

Sy broers se gelag klink agter hom op. Sy gesig word bloedrooi.

Maar sy pa het nie gelag nie, inteendeel, sy frons verdiep.

“Wil jy?” vra hy.

Thor skud sy kop kragtig.

“Ek is veertien. Ek kan in aanmerking kom.”

“Die sper datum is veertien,” se Drake neerhalend oor sy skouer. “As hulle jou kies, is jy die jongste. dink jy hulle sal jou bo my verkies, ek wat vyf jaar ouer as jy is?”

“Jy is astrant,” se Durs. “Jy was nog altyd.”

Thor draai na hulle.”Ek vra julle nie,”se hy.

Hy draai terug na sy pa, wat steeds frons.

“Pa, asseblief,” se hy. “Gun my ‘n kans. Dis al wat ek vra. Ek weet ek is jonk, maar ek wil myself bewys, met tyd.”

Sy pa skud sy kop.

“Jy is nie ʼn soldaat nie, seun. Jy is nie soos jou broers nie. Jy is ʼn skaapwagter. Jou lewe is hier. By my. Jy sal jou pligte doen en goed doen. ʼn Mens moet nie wilde drome droom nie. Aanvaar jou lewe, en jy sal leer om daarvoor lief te raak.”

Thor voel sy hart breek wanneer hy sy lewe voor sy oë sien verbrokkel.

Nee, dink hy. Dit kan nie wees nie.

“Maar Pa----“

“Stilte!” skree hy, so skerp dat dit deur lug sny. “Dit is nou genoeg. Hier kom hulle. Gee pad, en gedra jouself terwyl hulle hier is.”

Sy pa tree na vore en met een handgebaar stoot hy Thor eenkant toe, asof hy ʼn voorwerp is wat hy eerder nie wil sien nie. Sy lywige hand brand Thor se bors.

ʼn Groot geruis klink op, en die dorpsmense stroom by hulle huise uit en omlyn die strate. ʼn Groeiende stofwolk kom voor die gevolg uit, en oomblikke later is hulle daar, ʼn dosyn perde koetse,met ʼn geraas soos ʼn groot donderslag.

Hulle kom die dorp binne soos ʼn skielike weermag en kom tot stilstand naby Thor se tuiste. Hulle perde pronk op die plek, snorkend. Dit het ʼn geruime tydjie geneem vir die stof om te gaan lê, en Thor probeer naarstiglik ʼn gesteelde blik kry van hulle arsenaal, hulle wapens. Hy was nog nooit vantevore so naby die Silwer nie, en sy hart hamer in sy borskas.

Die soldaat op die voorste hings klim af. Daar staan hy, ʼn regte, egte lid van die Silwer, bedek in blink krygersgewaad, ʼn lang swaard aan sy belt. Dit wil voorkom of hy in sy dertigs is, ʼn regte man, stoppelbaard op sy gesig, letsels op sy wang, en ʼn neus wat krom gelaat is deur gevegte. Hy was aansienlikste man wat Thor nog ooit gesien het, twee keer so breed as die ander, met ʼn teenwoordigheid wat dit duidelik maak dat hy in beheer is.

Die soldaat spring af op die grondpad, sy spore ratelend as hy nader beweeg aan die lyn seuns. Aan beide kante van die dorpie staan dosyne seuns op aandag, hoopvol. Om by die Silwer aan te sluit beteken ʼn lewe van eer, van gevegte, van bekendheid, van glorie----en gepaard daarmee, grond, ʼn titel en rykdom. Dit voorspel die beste bruid, uitverkore grond, en ʼn glorieryke bestaan. Dit beteken eer vir jou familie, en om by die Legioen aan te sluit was die eerste stap.

Thor bestudeer die groot, goue koetswaens en besef dat elkeen net ʼn sekere aantal rekrute kan hou. Dit was ʼn groot koninkryk en hulle het baie dorpe om te besoek. Hy sluk, en kom tot die besef dat sy kanse selfs skraler is as wat hy gedink het. Hy sal al die ander seuns moet wen---baie waarvan aansienlike vegters is---sowel as sy drie broers. Hy het ʼn sinkende gevoel.

Thor kon skaars asem haal terwyl die soldaat in stilte beweeg, en die rye seuns opmeet. Hy het op die verste kant van die straat begin, en stadig na die beginpunt teruggekeer. Thor het natuurlik al die seuns geken. Hy het ook geweet dat sommiges in die stilligheid nie gekies wou wees nie, selfs al wil hulle families hulle wegstuur. Hulle was bang; en dit sal van hulle swak soldate maak.

Thor brand met verontwaardiging. Hy voel hy verdien om verkies te word net soveel as enige van hulle. Net omdat sy broers ouer, groter en sterker was, beteken nie dat hy nie die reg het om ook daar te staan en verkose te word nie. Hy het ʼn brandende haatgevoel teenoor sy pa, en dit bars byna uit sy nate wanneer die soldaat nader kom.

Die soldaat kom vir die eerste keer tot stilstand voor sy broers. Hy bekyk hulle op en af, en lyk beïndruk. Hy reik uit, gryp ʼn swaard uit sy skede, en ruk hom, so asof hy die fermte wil toets.

Hy glimlag.

“Jy het nog nooit jou swaard in ʼn geveg gebruik nie, het jy?” vra hy vir Drake.

Vir die eerste keer in sy lewe sien Thor vir Drake senuweeagtig. Drake sluk.

“Nee, my Heer. Maar ek gebruik dit baie om mee te oefen, en ek hoop om---“

“In oefening!”

Die soldaat bars uit van die lag en draai na die ander soldate, wat by hom aansluit, en lag in Drake se gesig.

Drake word bloedrooi in die gesig. Dit was die eerste keer dat Thor vir Drake sien skaam kry--gewoonlik was dit Drake wat ander laat skaam kry het.

“Wel, dan sal ek beslis vir jou vyande sê om jou te vrees---jy wat jou swaard swaai in oefening!”

Die groep soldate lag weer.

Toe draai die soldaat na Thor se ander broers.

“Drie seuns van dieselfde afstammelinge hy, en vryf sy stoppelbaard oor sy ken. “Dit kan nuttig wees. Julle is almal ʼn goeie grote. Alhoewel, ongetoets. Julle sal baie opleiding moet kry as julle die paal wil haal.”

Hy aarsel.

“Ek reken ons kan vir julle ruimte vind.”

Hy knik na die agterste wa.

“Klim in, en maak gou. Voor ek van plan verander.”

Thor se drie broers nael na die koetswa, stralend. Thor merk op dat sy pa ook straal.

Maar hy was bekaf toe hy hulle agterna kyk.

Die soldaat draai en beweeg aan na die volgende huis. Thor kon dit nie meer verduur nie.

“My Heer!” roep Thor luideliks.

Sy pa draai om en gluur hom aan, maar Thor gee nie meer om nie.

Die soldaat kom tot stilstand, sy rug op Thor gedraai, en draai stadig om.

Thor gee twee tree vorentoe, sy hart kloppend, en stoot sy bors uit sover as wat hy kan.

“U het my nie oorweeg nie, my Heer,”se hy.

Die verbaasde soldaat bekyk Thor van kop tot tone, asof hy ʼn grap is.

“Het ek nie?” vra hy en bars uit van die lag.

Sy manne bars ook uit van die lag. Maar Thor het nie omgegee nie. Dit was sy oomblik. Dit was nou of nooit.

“Ek wil by die Legioen aansluit!” se Thor.

Die soldaat gee ʼn tree in Thor se rigting.

“So jy wil?”

Hy lyk geamuseerd.

“En is jy ooit veertien jaar oud?”

“Ja, ek is my Heer. Twee weke terug.”

“Twee weke terug!”

Die soldaat skree soos hy lag, en al die manne agter hom.

“In daardie geval, sal ons vyande beslis bewe as hulle jou sien.”

Thor voel hoe hy warm word van verontwaardiging. Hy sal iets moet doen. Hy kon dit nie daar laat nie. Die soldaat draai om weg te stap---maar Thor kon dit nie toelaat nie.

Thor tree na vore en skreeu: “My Heer! U maak ʼn fout!”

ʼn Verskrikte snak na asems is hoorbaar vanuit die groep mense wanneer die soldaat stilstaan en weereens stadig omdraai.

Nou is die soldaat grimmig.

“Onnosele seun,” se sy pa, gryp Thor aan die skouer, “gaan binne toe!”

“Ek sal nié!” skree Thor, en skud sy pa se hand weg.

Die soldaat tree nader aan Thor, en sy pa staan terug.

“Weet jy wat is die straf as jy die Silwer beledig?” vra die soldaat kortaf.

Thor se hart klop in sy keel, maar hy besef ook dat hy nie gaan terugstaan nie.

“Vergewe hom asseblief, my Heer,” se Thor se pa. “ hy is ʼn jong kind en----“

“Ek praat nie met jou nie,” se die soldaat. Met ʼn vernietigende blik, forseer hy Thor se pa om weg te draai.

Die soldaat keer terug na Thor.

“Antwoord my!” se hy.

Thor sluk, nie in staat om te praat nie. Dit was nie hoe hy dit afgespeel het in sy kop nie.

“As mens die Silwer beledig is dit so goed as om die Koning direk te beledig,” antwoord Thor bedees, ʼn herhaling van dit wat hy gememoriseer het.

“Ja,” antwoord die soldaat. Wat dit beteken is dat ek jou veertig houe mag gee as ek so verkies.”

“Ek het nie ʼn belediging bedoel nie, my Heer,” se Thor. “Ek wil ook gekies word. Asseblief. Ek droom hieroor my lewe lank. Asseblief. Laat my toe om aan te sluit.”

Die soldaat bekyk hom goed, en stadigaan versag sy uitdrukking. Na ʼn rukkie, skud hy sy kop.

“Jy is jonk, seun. Jy het ʼn trotse hart. Maar, jy is nie gereed nie. Probeer weer wanneer jy gespeen is.”

Daarmee draai hy om en storm weg, met skaars’ ʼn blik na die ander seuns. Hy bestyg sy perd vinnig.

Thor, moedverlore, kyk hoe die optog aan die beweeg kom; so vinnig as wat hulle daar aangekom het, so vinnig was hulle weg.

Die laaste ding wat Thor sien, was sy broers, waar hulle in die laaste koetswa sit, na hom staar, afkeurend en spottend. Hulle word weggeneem voor sy oë, weg van hier af, na ʼn beter lêwe.

Binne-in hom voel Thor soos die dood.

Die opwinding om hom bedaar, en die dorpenaars sluip terug in hulle huise.

“Besef jy hoe dom jy was, jou onnosele seun?” vra Thor se pa boos, en gryp hom aan die skouers.”Besef jy dat jy jou broers se kanse kon ruïneer?”

Thor stoot sy pa se hande rof van hom af weg, en sy pa kom terug en gee hom ʼn oorveeg deur die gesig.

Thor voel die brand van die klap en gluur sy pa aan. ʼn Deel van hom wil vir die eerste keer, sy pa terug klap. Maar hy beheer homself.

“Gaan haal my skape en bring hulle terug. Nou! En as jy terugkom, moet jy nie ʼn maaltyd van my verwag nie. Jy sal nie kos kry vanaand nie, sodat jy kan dink oor wat jy gedoen het.”

“Miskien kom ek glad nie terug nie!” skree Thor wanneer hy omdraai en weg storm, weg van sy tuiste, in die rigting van die heuwels.

“Thor!” skree sy pa agterna. ʼn Paar dorpenaars wat in die straat agtergebly het staan stil en hou hulle dop.

Thor begin weg draf, dan hardloop hy voluit, hy wil so ver as moontlik van dié plek af wegkom. Hy let skaars op dat hy huil, die trane stroom oor sy wange, terwyl al sy drome om hom vernietig is.

HOOFSTUK TWEE

Thor het vir ure op die heuwel rondgedwaal, briesend, totdat hy uiteindelik ‘n heuwel kies en gaan sit, met arms gekruis oor sy bene en die horison dophou. Hy kyk hoe die koetswaens verdwyn, hy kyk hoe die stofwolk vir ure daarna nog luier.

Daar sou nie nog besoeke wees nie. Dit is nou sy bestemming om hier in die dorpie te bly vir jare, wagtend vir ‘n ander kans--- as hulle ooit weer terugkom. As sy pa dit ooit sou toelaat. Nou sal dit net hy en sy pa wees, alleen in die huis, en hy is seker dat sy pa die volle mag van sy wrag op hom sal ontwaan. Hy sal steeds sy pa se kneg wees, jare sal verbygaan, en hy sal op eindig soos sy pa, vasgekeer om n kleinlike, onbenullige bestaan te voer---terwyl sy broers glorie en roem sou bereik. Sy are brand met die onregverdigheid daarvan. Dit was nie die lewe wat hy bestem was voor nie. Dit het hy geweet.

Thor het sy kop voos gedink oor wat hy kon doen, enigiets wat die situasie kon verander. Maar daar was niks. Dit was die kaarte wat die lewe aan hom gedeel het.

Na ure van sit, staan hy moedeloos op en begin sy weg baan opwaarts teen die welbekende heuwels, hoër en hoër. Onvermydelik keer hy terug na die kudde, terug op die hoogste hewel. terwyl hy klim, sak die eerste son in die hemelruim, met die tweede son wat sy hoogste piek bereik het, ‘n groenerige skynsel weergee. Thor vat sy tyd terwyl hy doelloos strompel, onbewus dat hy sy slinger van sy middle afvat, die leervel goed gebrei deur jare se gebruik. Hy reik na die sak wat om sy middle vasgemaak is, en voel na sy versameling klippe, een meer glad as die ander, hand uitgesoek vanuit die beste rotse. Somtyds korrel hy na voëls, ander kere, peste. Dit was ‘n ingebore gewoonte wat hy al jare kweek. Aan die begin het hy alles misgeskiet, later van tyd, het hy sy eerste bewegende teiken raakgeskiet. Van daardie keer af, was sy korrel akkuraat. Nou was klipgooi deel van hom---dit help om van sy woede onstlae te raak. Sy broers mag dalk in staat wees om ‘n swaard deur ‘n stomp te swaai---maar, hulle kon nog nooit ‘n voël in vlug raakskiet nie.

Lusteloos sit Thor ‘n klip in die slinger, leun terug, en met al sy mag, gooi hy terwyl hy himself verbeel dat hy dit na sy pa slinger. Hy tref ‘n tak aan ‘n boom ver weg, en die tak is morsaf. Vandat hy agtergekom het dat hy ‘n bewegende dier kon doodskiet, het hy opgehou om na hulle te mik, te bang vir sy eie mag en aangesien hy niks wou seermaak nie; is die takke nou sy teikens. Tensy daar natuurlik ‘n jakkels was wat agter sy kudde aan was. Met die tyd, het hulle geleer om weg te bly, daarom dat Thor se skape die veiligste kudde in die dorp was.

Thor dink aan sy broers, daar waar hulle nou is en hy is briesend. Na ‘n dag se ry sal hulle die Koning’s Hof bereik. Hy kan himself indink. Hy sien hoe hulle daar aankom met ‘n groot verwelkoming, mense uitgevat in hulle beste klere, wat hulle ontmoet. Lede van die Silwer. Hulle sal opgeneem word,‘n blyplek gegee word in die Legioen se kwartiere, ‘n plek om opgelei te word in die Koning se velde, terwyl hulle die beste wapens tot hulle beskikking het. Elkeen van hulle sal die Edelman wees vir een van die beroemde ridders. Eendag, sal hulle self ridders word, hulle eie perde kry, hulle eie krygsgewaad, en dan ook elkeen sy eie Edelman kry. Hulle sal deelneem aan al die veesvieringe en aan die Koning se tafel sit. Dit was ‘n betowerende lewe. En dit het deur sy vingers geglip.

Назад Дальше