‘n Soeke van Helde - Морган Райс 3 стр.


Thor voel fisies siek, en probeer die gedagtes uit sy kop uit verban. Maar hy kan nie. ‘n Deel van hom, ‘n diep deel, skree in sy binneste. Dit se vir hom om nie moed te verloor nie, dat sy bestemming beter is as wat hy nou het. Hy het nie geweet wat dit was nie, maar het geweet dat dit nie daar was nie. Hy het gevoel dat hy anders was. Miskien selfs spesiaal. Dat niemand hom verstaan nie. En dat almal hom onderskat.

Thor bereik die hoogste punt van die heuwel en sien sy kudde. Goed geleer, was hulle almal saamgedrom, kouend en dood tevrede met enige gras wat hulle kan vind. Hy tel hulle, opsoek na die rooi merk waarmee hy hulle ruê, gemerk het. Hy vries nadat hy getel het. Een skaap is weg. Hy tel weer, en weer. Hy kon dit nie glo nie: een was weg.

Thor het nog nooit ‘n skaap verloor nie, en sy pa sal dit nie net laat verbygaan nie. Erger nog, hy haat die gedagte dat een van sy skape weg is, alleen, weerloos in die wildernis. Hy het dit gehaat dat enigiets onskulding moet ly.

Thor haas na die hoogste punt van die heuweltjie en bespied die horison tot hy die skaap gewaar, ver weg, etlike heuwels weg: die eensame skaap met die rooi merk op sy rug. Dit was die wilde ene van die lotjie. Sy moed sak in sy skoene waneer hy besef die skaap het nie net gevlug nie, maar van alle plekke, is hy oppad na die weste, na Donkerwoud. Thor sluk. Donkerwoud was verbode---nie net vir skape nie, maar ook vir mense. Dit was anderkant die dorpsgrens, en vandat hy kon loop, het Thor geweet hy mag nie daarheen gaan nie. Hy het nog nooit. Om soontoe te gaan, so sê die legend, was ‘n versekere dood, die donker woude onherkenbaar en gevul met bose diere.

Thor kyk op na die vedonkerende hemelruim, worstelend. Hy kon nie sy skaap laat gaan nie. Hy rêken as hy vining kon maak, sou hy dit betyds terugkry.

Na ‘n finale terugblik, draai hy om en hardloop vining, na die weste, na Donkerwoud, terwyl swaar wolke bokant hom versamel. Hy het ‘n sinkende gevoel, maar nietemin is dit asof sy bene op hulle eie beweeg. Hy weet daar is nie omdraai kans nie, selfs al wou hy.

Dit was asof hy besig was om in ‘n nagmerrie in te hardloop.

*

Thor naêl sonder onderbreking af oor die reeks heuwels, binne-in die dik bewoude Donkerwoud. Die paadjies eindig waar die woud begin, en hy hardloop in onbekende gebied, somer blare knarsend onder sy voete.

Die oomblik toe hy die woud betree, was hy toegevou in donkerte, die lig geblokkeer deur die torings van Dennebome. Dit was ook kouer hier, en wanneer hy oor die drempel gaan, kry hy ‘n koue rilling. Dit was nie net oor die donker, of die koue nie---dit was oor iets anders. Iets waarvoor hy nie ‘n naam gehad het nie. Dit was ‘n gevoel van… hy word dopgehou.

Thor kyk op na die antieke take, knoestig, dikker as hy, swaaiend en krakend in die ligte windjie. Hy was skaars vyftig tree in die woud toe hy vreemde diere geluide hoor. Hy draai om en kon skaars die opening sien waardeur hy gekom het; dit voel alreeds asof daar geen uitkoms sal wees nie. Hy huiwer.

Donkerwoud was altyd op die rand van die dorp en op die rand van Thor se bewussyn, as iets diep en geheimsinnig. Enige wagter wat nog ooit ‘n skaap aan die woud verloor het, het nog nooit gewaag om agter dit aan te gaan nie. Self sy eie pa. Die stories omtrent die plek was net te donker, te knaênd.

Maar daar was iets anders omtrent vandag wat veroorsaak dat Thor nie meer omgee nie, wat veroorsaak dat hy versigtigheid oorboord gooi. ‘n Deel van hom wou die grense oorskrei, om so ver as moontlik van die huis af weg te kom, en die lewe toe te laat om hom te vat waar dit wou.

Hy vorder verder, stop dan, onseker watter rigting om in te gaan. Hy merk bakens op, gebuigte take waarlangs sy skaap moes gegaan het, en draai in daardie rigting. Na ‘n wyle, draai hy weer.

Voor ‘n uur om was, was hy heeltemal verwdaal. Hy probeer onthou van watter rigting hy gekom het----maar was glad nie seker nie. ‘n Ongemaklike gevoel sit op die krop van sy maag, maar hy reken dat die enigste pad uit vorentoe sou wees, so hy gaan voort.

Op ‘n afstand sien Thor ‘n ligstraal, en haas daarheen. Hy bevind himself voor n klein opening, en gaan staanstil by die rand, vasgenael---hy kon nie glo wat hy voor hom sien nie.

Voor Thor, met sy rug op hom gedraai, staan ‘n man, geklee in ‘n lang, blou satyn kleed. Nee, nie ‘n man nie---dit kon Thor van daar af aanvoel. Hy was iets anders. Kon dit ‘n Druid wees? Hy is lank en regop, sy hoof bedek met n kap, doodstil, so asof hy nie ‘n sorg in die wêreld het nie.

Thor het nie geweet wat om te doen nie. Hy het al van Druide gehoor, maar nog nooit een teë gekom nie. Hy lei af van die afwerking van sy mantel, die buitensporige goue belegsel, dat hierdie nie net n gewone Druid is nie: daardie afwerkings was koninklike afwerking. Van die Koning se Hof. Thor kon dit nie verstaan nie. Wat sou ‘n koninklike Druid hier doen?

Na wat soos ‘n ewigheid voel, draai die Druid stadig om na hom, en soos hy draai, herken Thor sy gesig. Dit slaan sy asem weg. Dit was een van die mees bekendste gesigte in die Koninkryk: die Koning se persoonlike Druid. Argon, raadgewer vir die konings van die Westelike Koninkryk vir eeue. Wat doen hy hier, ver van die koninklike hof af, in die middle van Donkerwoud, was ‘n raaisel. Thor wonder of hy homself dit verbeel.

“Jou oë bedrieg jou nie,” se Argon, terwyl hy Thor aanstaar.

Sy stem was diep, antiek, so asof die bome self gepraat het. Sy groot, deurskeidende oë blyk om deur Thor ted ring, besig om hom op te som. Thor voel ‘n intense energie uit die Druid straal---asof hy oorkant die son staan.

Thor buig dadelik sy knieg en buig sy hoof.

“My Heer,” se hy. “Ek is jammer dat ek U gesteur het.”

Oneerbiedigheid teenoor ‘n Koning’s raadgewer kan lei tot tronkstraf of die dood. Dit is ‘n feit wat in Thor ingeprent is van geboorte af.

“Staan op, kind,” sê Argon. “As ek wou hê jy moet kniel, sou ek jou gesê het.”

Thor staan stadig op en kyk na hom. Argon neem ‘n paar tree vorentoe. Hy staan stil en staar Thor aan, totdat Thor begin ongemaklik voel.

“Jy het jou ma se oë,” sê Argon.

“Ek dink jy verwar my met iemand anders,” sê Thor. “Ek het nie ‘n moeder nie.”

“Het jy nie?” vra Argon glimlaggend. “Is jy net deur ‘n man gebore?”

“Ek het bedoel om te sê, my Heer, dat my moeder oorlede is met my geboorte. Ek dink jy sien my aan vir iemand anders.”

“Jy is Thorgrin, van die McLeod stammeling. Die jongste van vier broers. Die een wat nie verkose was nie.”

Thor se oë rek. Hy weet nie watse afleiding om te maak nie. Dat iemand van Argon se statuur weet wie hy is---dit was meer as wat hy kon inneem. Hy kon himself nie voorstel dat hy kon bekend wees aan enigiemand buite sy dorpie nie.

“Hoe… weet U dit?”

Argo glimlag, maar antwoord nie.

Thor is skielik vreeslik nuuskierig.

“Hoe…” gaan Thor aan, stotterend, “….hoe ken U my moeder? Het U haar ontmoet? Wie was sy?”

Argon draai en en loop weg.

“Dis vrae vir ‘n ander keer,” sê hy.

Thor kyk hoe hy loop, verbaas. Dit was so ‘n duiselingwekkende en geheimsinnige ontmoeting, en dit het so vinnig gebeur. Hy besluit dat hy Argon nie kon laat gaan nie; hy haas agterna.

“Wat doen u hier?” vra Thor, haastig om op te vang. Argon, wat sy staf gebruik, ‘n antieke ivoor ding, loop verbasend vining. “ U het nie dalk vir my gewag nie, het u?”

“Vir wie anders?” vra Argon.

Thor haas om by te kom, volg hom in die woud in, en laat die oopte agter hom.

“Maar hoekom ek? Hoe het u geweet dat ek hier sou wees? Wat wil u hê?”

“So baie vrae,” sê Argon. “Jy vul die lug. Jy moet eerder luister.”

Thor volg hom terwyl hulle voortbeweeg deur die digte woud, en probeer sy bes om stil te bly.

“Jy het kom soek na jou verlore skaap,” sê Argon. “n Eerbare poging. Maar jy mors jou tyd. Sy sal dit nie oorleef nie.”

Thor se oë rek.

“Hoe weet u dit?”

“Ek ken wêrelde wat jy nooit sal ken nie, seun. Ten minste, nog nie.”

Thor wonder terwyl hy loop om by te bly.

“Jy wil egter nie luister nie. Dit is jou geaardheid. Hardkoppig. Soos jou ma. jy sal aangaan agter jou skaap aan, vasbeslote om haar te red.”

Thor word rooi in die gesig terwyl Argon sy gedagtes lees.

“Jy is ‘n vurige seun,” voeg hy by. Sterk persoonlikheid. Te trots. Positiewe kenmerke. Maar een dag mag dit jou neerlaag beteken.”

Argon begin teen ‘n mossige rand opklim, en Thor volg.

“Jy wou by die Koning se Legioen aansluit,” sê Argon.

“Ja!” antwoord Thor opgewonde.”Is daar enige hoop vir my? Kan u dit laat gebeur?”

Argon lag, ‘n diep, hol klank wat ‘n rilling by Thor se rugraat afstuur.

“Ek kan enigiets en niks laat gebeur. Jou toekoms is reeds geskryf. Maar dit hang van jou af om dit te kies.”

Thor het dit nie verstaan nie.

Hulle bereik die bo-punt van die rand, waar Argon tot stilstand kom en na Thor kyk. Thor staan net n paar meter weg, en Argon se energie brand deur hom.

“Jou toekoms is ‘n belangrike een,” sê hy.” Moet dit nooit agterweë laat nie.”

Thor se oë rek. Sy toekoms? Belangrik? Hy voel hoe hy swel van trots.

“Ek verstaan nie.U praat in raaisels. Asseblief, vertel my meer.”

Argon verdyn.

Thor se mond hang oop. hy kyk in elke rigting, luisterend, wonderend. Het hy dit alles verbeel? Was dit net sy verbeelding?

Thor draai en ondersoek die woud; van waar hy staan, hoog op die rand, kon hy verder sien as tevore. Terwyl hy kyk, sien hy beweging in die verte. Hy hoor ‘n geraas en was seker dat dit sy skaap was.

Hy strompel af van die mossige rif en haas in die rigting van die geluid, terug deur die woud. Terwyl hy beweeg kan hy nie die ontmoeting met Argon van hom afskud nie. Hy kan amper nie glo dat dit wél gebeur het nie. Wat doen die Koning se Druid hier, van alle plekke? Hy het vir hom gewag. Maar hoekom? En wat het hy bedoel omtrent sy toekoms?

Hoe meer Thor prober het om dit te ontrafel, hoe minder kon hy dit verstaan. Argon het hom gewaarsku om nie voort te gaan nie, maar dit ter selfde tyd aanloklik gemaak. Nou, soos hy voortbeweeg, kry Thor al meer ‘n voorgevoel, so asof iets gewigtig gaan gebeur.

Hy gaan om ‘n draai en stop in sy spore toe hy die uitsig voor hom inneem. Sy ergste nagmerries is sopas bevestig. Sy hare staan penorent, en hy kom tot die besef dat hy ‘n ernstige fout begaan het deur so diep in die Donkerwoud in te gaan.

Oorkant hom, skaars dertig treë weg, was ‘n Sybold. Kolossaal, gespierd, op al vier sy pote, en amper so groot soos ‘n perd, was die mees gevreeste dier van Donkerwoud, miskien selfs die hele koninkryk. Thor het dit nog nooit vantevore gesien nie, maar hy het genoeg van die legendes gehoor. Dit het die voorkoms van ‘n leeu, maar was baie groter, breër, en sy pels ‘n diep rooi met glimmende geel oë. Die legende is dat sy diep rooi kleur kom van al die onskuldige kinder bloed.

Thor het nog net van ‘n paar waarnemings gehoor van hierdie gedierte in sy lêwe, en selfs daardie kere was aangesien as twyfelagtig. Miskien was dit omdat niemand nog ooit so ‘n ontmoeting oorleef het nie. Sommige verwys na die Sybold as the God van die Woude, en ‘n slegte teken. Wat daardie slegte teken was, was iets wat Thor geen benul van het nie.

Hy is vasgenael met vrees, en hy weet hy sal moet aksie neem.

Sy reflekse neem oor. Hy voel versigtig vir sy sakkie, haal ‘n klip uit, en sit dit in sy slinger. Met ‘n bewende hand, wen hy dit op, vat een tree vorentoe, en gooi.

Die klip seil deur die lug en tref sy merk. ‘n Perfekte skoot. Dit tref die skaap op sy oogbal, en druk dit deur tot in sy brein.

Die skaap word slaap. Dood. Thor het die dier van sy leiding verlos.

Die Sybold gluur, woedend omdat Thor sy speelding doodgemaak het. Hy maak sy massiewe kake stadig oop en laat val die skaap, wat met ‘n plomp op die bos se vloer val. Dan rig hy sy oë op Thor.

Hy grom,‘n diep, bose geluid wat diep vanuit sy maag styg.

Terwyl dit op hom afsluip, plaas Thor met ‘n hamerende hart nog ‘n klip in sy slinger, trek terug, en berei die volgende skoot voor.

Die Sybold begin hardloop, met die vinnigste beweging wat Thor nog ooit vantevore in sy lêwe gesien het. Thor vat een tree vorentoe, gooi die klip, biddend dat dit raak is, wêtend dat hy nie tyd sou hê om weer te gooi voor die ding op hom is nie.

Die klip tref die gedierte in sy regter oog, en slaan hom uit. Dit was ‘n geweldige gooi, een wat ‘n geringer dier tot op sy knieë sou bring.

Maar dit was nie ‘n geringer dier nie. Hierdie ondier was onstuitbaar. Dit gee ‘n gil met die aangerigde skade, maar sonder om stadiger te beweeg. Selfs met een oog minder,selfs met die klip in sy brein vasgevang, storm hy meedoënloos op Thor af. Daar was niks wat Thor kon doen nie.

‘n Oomblik later is die gedierte op hom. Hy trek sy massiewe klou terug en veeg sy skouer.

Thor gil. Dit het gevoel soos drie messe wat deur sy vleis sny, warm bloed wat onmiddelik daaruit stroom.

Die gedierte pen hom vas teen die grond met al vier sy pote. Die gewig was ongelooflik, dit het gevoel of ‘n olifant op sy bors staan. Thor voel hoe sy ribbekas gekneus word.

Die gedierte gooi sy kop agteroor, maak sy kake wyd oop om sy slagtande te ontbloot, en sak nader aan Thor se keel.

Soos hy sak, reik Thor na bo en gryp sy nek; dit was soos n soliede spier. Thor kon skaars vashou. Sy arms begin bewe as die slagtande al laer sak. Hy voel die ding se warm asem oor sy gesig, voel die spoeg op sy nek drip. ‘n Grom kom diep vanuit die dier se bors, brand Thor se ore. Hy besef hy gaan sterf.

Thor sluit sy oë.

Asseblief God. Gee my krag. Laat my toe om met die ongedierte te veg. Asseblief. Ek smeek U. Ek sal enigiets doen wat U vra. Ek sal U ‘n groot skuld verskuldig wees.

Net toe gebeur iets. Thor voel ‘n geweldige hitte oprys vanuit sy liggaam, polsend deur sy are, soos ‘n energie veld wat deur hom stu. Hy maak sy oë oop en iets wat hom verras: vanuit sy handpalms gloei ‘n geel lig, en terwyl hy terrugdruk teen die gedierte se keel, ongelooflik, was hy in staat om sy krag te passer en dit op ‘n afstand te hou.

Thor hou aan stoot totdat hy dit regkry om die gedierte eintlik terug te stoot. Hy voel sy krag versterk en voel ‘n kanonskoot energie deur hom bruis---‘n oomblik later, trek die gedierte met ‘n vlaag agtertoe, met Thor wat hom seker tien tree agter toe gooi. Dit beland op sy rug.

Thor sit orent, verstaan glad nie wat gebeur het nie.

Die gedierte kom terug op sy pote. Dan, in woede, storm dit weer---maar hierdie keer voel Thor anders. Die energie pols deur hom; hy voel meer kragtig as wat hy ooit was.

Terwyl die gedierte deur die lug spring, buk Thor, gryp dit aan die maag, en gooi dit, hy laat toe dat die gedierte se vaart dit aanhelp.

Die gedierte vlieg deur die woud, tref ‘n boom en val inmekaar op die grond.

Thor staar, verdwaas. Het hy sopas ‘n Sybold gegooi?

Die ondier knip sy oë twee keer, en kyk na Thor. Staan op en storm hom weer.

Hierdie keer, toe die gedierte toesak, gryp Thor hom aan die keel. Hulle gaan altwee grond toe, die ondier bo-op Thor. Maar, Thor rol om en bo-op die ding. Thor hou vas, en wurg die ding met albei hande, terwyl die ondier sy kop probeer optel en na hom hap met sy slagtande. Hy het net gemis. Thor, met hernude krag, druk harder sonder om te laat gaan. Hy laat die energie deur hom pols. En binnekort, voel hy dat hy sterker as die gedierte is.

Hy was besig om die Sybold dood te wurg.

Thor het nie laat los vir ‘n volle minuut nie.

Hy kom stadig orent, uit asem uit, en staar af, groot-oog, terwyl hy sy gewonde arm vashou. Wat het nounet gebeur? Het hy, Thor sopas ‘n Sybold dood gemaak?

Hy voel dat dit ‘n teken is, vandag van alle dae. Hy voel asof iets gewigtigs gebeur het. Hy het sopas die mees befaamde en gevreesde ongedierte van die koninkryk dood gemaak. Alleen. Sonder ‘n wapen. Dit voel onwerklik. Niemand sal hom glo nie.

Hy voel die wêreld om hom tol terwyl hy wonder wat oor hom gekom het, wat dit beteken het, wie hy regtig was. Die enigste mense wat bekend is vir sulke krag was die Druide. Maar sy ma en pa was nie Druide nie, so hy kan nie een wees nie.

Of kon hy wees?

Назад Дальше